As 'n mens gatvol is, is jy gatvol... en dan moet die ding gesê word soos hy is, sonder om doekies om te draai.
Thursday, March 22, 2012
Wat sou Zuma sê?
Hermann Achille van Rompuy is 'n skamerige (of so wil dit voorkom) Belg, wat onlangs herkies is tot die President van die European Council. Na wat ek verstaan van 'n goeie vriend, ook 'n Belg, kan die man glo Afrikaans ook praat. Hy het dit glo as vak geneem op universiteit. Mmmm, klink nie sleg nie. En dan praat die man nog Frans ook. Nietemin, die storie gaan eintlik oor die erge skrobbering wat hy van 'n rou, onbeskofte en verwoede Engelsman, Nigel Farage, ontvang het. Nou wonder ek maar net.... Wat sou Zuma doen as hy so deur die opposisie aangeval word? Natuurlik! Hy het darem die raskaart om te gebruik. Dit sal die man mos help, want die liewe raskaart ruk elke gesprek net daar in die bek!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment