Monday, March 26, 2012

Rassisme: 'n Holrug geryde cliché




Daar is baie te sê oor ‘n toevallige ontmoeting. Die plek is nie so belangrik nie, persoon wel asook die gesprek en wat daaruit voortvloei. Mense is baie meer gemaklik wanneer die situasie nie druk  op korrekte woorde of frases plaas nie. So ontmoet ek Sondag ‘n persoon wat letterlik die wind uit my seile geneem het en dit, bloot toevallig.

In my vorige skrywe het ek verwys na die bykans sadistiese genot wat die ANC daaruit put om die witman kwaad te maak. Elkeen kan sy eie storie vertel want ons beleef dit op bykans al die vlakke in ons samelewing, maar niks is so erg soos die vermetelheid en arrogansie van die Departement van Korrektiewe Dienste nie. Dis presies waar ek my Sondag bevind het: Pretoria Sentraal! Oor die meerderheid onbevoegde persone wat hier in diens is, kan ek ‘n hele blog op sy eie skryf. Dít daar gelaat.

Dis dan die agtergrond van my storie. Vandat ek deur die groot deur aan die buitekant stap tot waar ek fisies die gevangene sien, kan letterlik 40 minute duur van groteske frustrasie. Hier beland ek langs ‘n swart man wat ook wag en saam maak ons toe die wag baie interessanter. Sy vaardigheid in Afrikaans verstom my en sy uiters elegante, beskaafde optrede doen die res om my te oortuig dat hierdie nie jou deursnee Suid-Afrikaanse swart man is nie. Hy is net té ordentlik. Na die aanvanklike ditjies en datjies, leer ek van sy meestersgraad in Forensiese Sielkunde en dat hy 71 jaar oud is. Dat ons albei ‘n probleem met Korrektiewe Dienste se slapgat houding het en dat hy net soos ek, heeltemal ontnugter is deur die “nuwe” Suid-Afrika. En dis net hier waar die tonge, sonder brieke, begin losraak en dinge sommer spontaan uitborrel.

Ek som ons gesprek puntsgewys op om meer impak en duidelikheid daaraan te gee:
1.              Op 71-jarige leeftyd kyk hy terug en erken dat die “nuwe” Suid-Afrika ‘n groot misleiding is en was. Mense kan baie dinge verdra, maar hulle kan nie ‘n blatante leuen oorsien en met dit saamlewe nie. Daar is hopeloos te veel mense wat deesdae honger gaan slaap en honger mense soek antwoorde.
2.              Niks kon hom keer om ‘n meestersgraad te verwerf nie, maar hy het die wil gehad en die dryf om iets vir homself te doen. Hy het nie diskriminasie ervaar om daar uit te kom nie, inteendeel baie hulp en bystand. Te veel swart mense gebruik die verskoning van apartheid om hulle eie slapgat-houding te verdoesel.
3.              Die meerderheid swart mense is nie bereid om van hulle kant af ‘n verskil in hulle eie lewe te maak nie. Swart mense was vir honderde jare voor blankes in Afrika gewees, maar hulle het nie EEN skool gebou of EEN boek geskryf nie. Vir die Afrikaan was gebiedsoorheersing baie belangriker as akademiese oorheersing en geen swartman kan die witman kwalik neem dat hulle nie ‘n nodigheid gesien het om vir hulle biblioteke te bou nie. Swart mense het vir hulleself nooit die nodigheid gesien nie.
4.              Die witman het baie vinnig met sy koms in Afrika, die behoefte gesien vir skole en opvoeding. Afrikaanssperekendes het geveg vir die bevryding van hulle taal sodat hulle in beheer kon wees van hulle eie skole en die ontwikkeling van hulle eie kultuur. Die swartman het nooit hierdie gemeenskaplike behoefte met die witman gedeel nie. Vandag word die witman kwalik geneem vir die swartman se lae vlak van opvoeding en skoling, maar die swartman het niks uit sy eie gedoen om dit te verbeter vir homself nie.
5.              Die ANC het vir jare in ballingskap gelewe met geld wat aan hulle geskenk was en waarvoor hulle nooit rekenskap moes gee nie. Vandag is die kultuur onder die ANC presies dieselfde. Hulle gebruik geld asof hulle nie daarvoor rekenskap hoef te gee nie. Die swart man is nie blind hiervoor nie. Hulle sien wat die ANC doen.
6.              Die ANC het Suid-Afrika oorgeneem met ‘n onversadigbare haat teenoor die witman en hulle uitlsuitlike doel was en is nog steeds om die witman te laat betaal. Die sogenaamde demokrasie wat voorgehou was as rede vir regime verandering, was net ‘n front om mense te mislei dat Suid-Afrikaners nooit demokrasie gehad het nie.
7.              Die meerderheid swart mense haat nie die witman nie, inteendeel hulle sien die witman nog steeds as hulle bron van werk, kennis en voedsel. Die haat teen die witman word op groot skaal aangeblaas deur die media in al hulle vorms. Rassisme word altyd uitgebasuin wanneer dit wit op swart is, maar die omgekeerde word toegesmeer en verswyg.
8.              Die witman en die swartman verskil op soveel gebiede van mekaar omrede hulle apart as volke ontwikkel het. Daar is gemeenskaplike belange, maar in totaal dalk meer verskille as ooreenkomste. Die media wys altyd op die verskille eerder as om versoening te help bring.
9.              Onder die witman is daar ook te veel groepe wat ras, rassisme en haat aanblaas.
10.          Die witman sal oor 50 jaar weer regeer in Suid-Afrika.

Ek gaan definitief weer met hierdie swart man gesels. Sy insig en versiendheid maak van hom ‘n reus in ‘n korrupte plek soos Suid-Afrika. Ons het mekaar gegroet en vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek weer hoop vir ons land gekry. Daar is oplossings, maar ons sal dit moet soek. Suid-Afrika het drasties verander sedert 1994, maar ek bly glo dat die witman die werklike vyand miskyk. Vir die swartman op straat word die witman voorgehou as die vyand en vir die witman word die swartman voorgehou as die euwel. Ironies genoeg val albei vir hierdie persepsiële misleiding.

Persoonlik dink ek ons maak te veel van die ras-ding. Sun Tzu skryf in sy boek “The Art of War” in die hoofstuk oor strategie: “Cause division among them.” Die ras-ding is die ideale stukkie gereedskap om verdeeldheid te bring en mense aanhoudend in geveg met mekaar te hou.

“If you stir up your officers and troops so that they are all enraged, then they will kill the enemy. If you reward your men with spoils, that will make them fight on their own initiative, so the enemy’s goods can be taken. That is why it is said that where there are big rewards there are valiant men.” Dis die hartseer storie van ons land. Hierdie boekie is bykans 2000 jaar gelede geskryf, maar dié waarhede was nog nooit so relevant soos nou nie.

Dink bietjie hieroor na:
“The idea was that those who direct the overall conspiracy could use the differences in those two so-called ideologies (Marxism/fascism/socialism vs democracy/capitalism) to divide larger and larger portions of the human race into opposing camps so that they could be armed and then brainwashed into fighting and destroying each other.” Myron Fagan

No comments:

Post a Comment