Daar is baie te sê oor ‘n toevallige ontmoeting. Die plek is
nie so belangrik nie, persoon wel asook die gesprek en wat daaruit voortvloei.
Mense is baie meer gemaklik wanneer die situasie nie druk op korrekte woorde of frases plaas nie.
So ontmoet ek Sondag ‘n persoon wat letterlik die wind uit my seile geneem het
en dit, bloot toevallig.
In my vorige skrywe het ek verwys na die bykans sadistiese
genot wat die ANC daaruit put om die witman kwaad te maak. Elkeen kan sy eie
storie vertel want ons beleef dit op bykans al die vlakke in ons samelewing,
maar niks is so erg soos die vermetelheid en arrogansie van die Departement van
Korrektiewe Dienste nie. Dis presies waar ek my Sondag bevind het: Pretoria
Sentraal! Oor die meerderheid onbevoegde persone wat hier in diens is, kan ek ‘n
hele blog op sy eie skryf. Dít daar gelaat.
Dis dan die agtergrond van my storie. Vandat ek deur die
groot deur aan die buitekant stap tot waar ek fisies die gevangene sien, kan
letterlik 40 minute duur van groteske frustrasie. Hier beland ek langs ‘n swart
man wat ook wag en saam maak ons toe die wag baie interessanter. Sy vaardigheid
in Afrikaans verstom my en sy uiters elegante, beskaafde optrede doen die res
om my te oortuig dat hierdie nie jou deursnee Suid-Afrikaanse swart man is nie.
Hy is net té ordentlik. Na die aanvanklike ditjies en datjies, leer ek van sy
meestersgraad in Forensiese Sielkunde en dat hy 71 jaar oud is. Dat ons albei
‘n probleem met Korrektiewe Dienste se slapgat houding het en dat hy net soos
ek, heeltemal ontnugter is deur die “nuwe” Suid-Afrika. En dis net hier waar
die tonge, sonder brieke, begin losraak en dinge sommer spontaan uitborrel.
Ek som ons gesprek puntsgewys op om meer impak en duidelikheid
daaraan te gee:
1.
Op 71-jarige leeftyd kyk hy terug en erken dat
die “nuwe” Suid-Afrika ‘n groot misleiding is en was. Mense kan baie dinge
verdra, maar hulle kan nie ‘n blatante leuen oorsien en met dit saamlewe nie.
Daar is hopeloos te veel mense wat deesdae honger gaan slaap en honger mense
soek antwoorde.
2.
Niks kon hom keer om ‘n meestersgraad te verwerf
nie, maar hy het die wil gehad en die dryf om iets vir homself te doen. Hy het
nie diskriminasie ervaar om daar uit te kom nie, inteendeel baie hulp en
bystand. Te veel swart mense gebruik die verskoning van apartheid om hulle eie
slapgat-houding te verdoesel.
3.
Die meerderheid swart mense is nie bereid om van
hulle kant af ‘n verskil in hulle eie lewe te maak nie. Swart mense was vir
honderde jare voor blankes in Afrika gewees, maar hulle het nie EEN skool gebou
of EEN boek geskryf nie. Vir die Afrikaan was gebiedsoorheersing baie belangriker
as akademiese oorheersing en geen swartman kan die witman kwalik neem dat hulle
nie ‘n nodigheid gesien het om vir hulle biblioteke te bou nie. Swart mense het
vir hulleself nooit die nodigheid gesien nie.
4.
Die witman het baie vinnig met sy koms in
Afrika, die behoefte gesien vir skole en opvoeding. Afrikaanssperekendes het
geveg vir die bevryding van hulle taal sodat hulle in beheer kon wees van hulle
eie skole en die ontwikkeling van hulle eie kultuur. Die swartman het nooit
hierdie gemeenskaplike behoefte met die witman gedeel nie. Vandag word die
witman kwalik geneem vir die swartman se lae vlak van opvoeding en skoling,
maar die swartman het niks uit sy eie gedoen om dit te verbeter vir homself
nie.
5.
Die ANC het vir jare in ballingskap gelewe met
geld wat aan hulle geskenk was en waarvoor hulle nooit rekenskap moes gee
nie. Vandag is die kultuur onder die ANC presies dieselfde. Hulle gebruik geld
asof hulle nie daarvoor rekenskap hoef te gee nie. Die swart man is nie blind
hiervoor nie. Hulle sien wat die ANC doen.
6.
Die ANC het Suid-Afrika oorgeneem met ‘n
onversadigbare haat teenoor die witman en hulle uitlsuitlike doel was en is nog
steeds om die witman te laat betaal. Die sogenaamde demokrasie wat voorgehou
was as rede vir regime verandering, was net ‘n front om mense te mislei dat
Suid-Afrikaners nooit demokrasie gehad het nie.
7.
Die meerderheid swart mense haat nie die witman
nie, inteendeel hulle sien die witman nog steeds as hulle bron van werk, kennis
en voedsel. Die haat teen die witman word op groot skaal aangeblaas deur die
media in al hulle vorms. Rassisme word altyd uitgebasuin wanneer dit wit op
swart is, maar die omgekeerde word toegesmeer en verswyg.
8.
Die witman en die swartman verskil op soveel
gebiede van mekaar omrede hulle apart as volke ontwikkel het. Daar is
gemeenskaplike belange, maar in totaal dalk meer verskille as ooreenkomste. Die
media wys altyd op die verskille eerder as om versoening te help bring.
9.
Onder die witman is daar ook te veel groepe wat
ras, rassisme en haat aanblaas.
10.
Die witman sal oor 50 jaar weer regeer in
Suid-Afrika.
Ek gaan definitief weer met hierdie swart man gesels. Sy
insig en versiendheid maak van hom ‘n reus in ‘n korrupte plek soos
Suid-Afrika. Ons het mekaar gegroet en vir die eerste keer in ‘n lang tyd het
ek weer hoop vir ons land gekry. Daar is oplossings, maar ons sal dit moet
soek. Suid-Afrika het drasties verander sedert 1994, maar ek bly glo dat die
witman die werklike vyand miskyk. Vir die swartman op straat word die witman
voorgehou as die vyand en vir die witman word die swartman voorgehou as die
euwel. Ironies genoeg val albei vir hierdie persepsiële misleiding.
Persoonlik dink ek ons maak te veel van die ras-ding. Sun
Tzu skryf in sy boek “The Art of War” in die hoofstuk oor strategie: “Cause
division among them.” Die ras-ding is die ideale stukkie gereedskap om
verdeeldheid te bring en mense aanhoudend in geveg met mekaar te hou.
“If you stir up your officers and troops so that they are
all enraged, then they will kill the enemy. If you reward your men with spoils,
that will make them fight on their own initiative, so the enemy’s goods can be
taken. That is why it is said that where there are big rewards there are
valiant men.” Dis die hartseer storie van ons land. Hierdie boekie is bykans
2000 jaar gelede geskryf, maar dié waarhede was nog nooit so relevant soos nou
nie.
Dink bietjie hieroor na:
“The idea was that those who direct the overall conspiracy
could use the differences in those two so-called ideologies
(Marxism/fascism/socialism vs democracy/capitalism) to divide larger and larger
portions of the human race into opposing camps so that they could be armed and
then brainwashed into fighting and destroying each other.” Myron Fagan