Friday, March 30, 2012

BRICS plaas doller onder groot druk



Behalwe vir ons land se pragtige natuurskoon en die min merkwaardige mylpale van enkele van ons burgers, is daar werklik min dinge wat my trots maak om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Hierdie week het daar egter ‘n baie belangrike ding gebeur wat my laat besef het ons kan met reg trots wees om Suid-Afrikaners te wees. Ongelukkig gee die hoofstroom media skandelik te min aandag aan dié belangrike gebeurtenis. In vandag se Beeld was daar slégs op bladsy 2 ‘n foto - sonder enige noemenswaardige byskrif!  So waaroor gaan my opgewondenheid?

BRICS is ‘n akroniem vir Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika wat ‘n ooreenkoms onderteken het vir wedersydse handel met mekaar en die uitlsuiting van die internasionale geldeenheid, die Amerikaanse doller in hierdie transaksies. Daar is verder sprake van die oprigting van ‘n ontwikkelingsbank vir hierdie doel asook hulpverlening aan ander ontwikkelende lande.

Dis belangrik om te verstaan wat die moontlike invloed en gevolge van hierdie ooreenkoms is. BRICS verteenwoordig ongeveer 50% van die wêreld se bevolking en nagenoeg 25% van die wêreld se GDP. Verder verteenwoordig hulle die grootste ontwikkelende lande in die wêreld. InterBRICS handel beloop ongeveer US$230 biljoen en die skatting is dat dit na meer as US$500 biljoen kan styg teen 2015. Dít in ag geneem, kan redelike groot repukussies veroorsaak vir die alreeds sukkelende Amerikaanse doller.

Wat gebeur as ons nie meer in Amerikaanse dollars handel dryf nie en wat beteken dit vir die wêreld ekonomie?



En waarom gee die media so min aandag aan hierdie belangrike gebeurtenis?



Baie geluk Zuma! Vir die één keer het jy goed gedoen om ons land en sy mense uit die kloue van die sataniese geldmag te probeer hou. Natuurlik sal die media dit afmaak as net ‘n foefie, want dit pas nie in met die planne van die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank nie. Nog minder met die planne van die NWO wat poog om al wat leef te beheer nie. Dis letterlik ‘n skuinsklap in die gesig van die IMF, die NWO en die Wêreldbank. ‘n Baie duidelike teken dat daar mense is wat nie te vinde is vir onderdrukking en oorheersing nie.





Viva BRICS!

No comments:

Post a Comment