Wys my net een “whitey” wat nog nie sy moer ordentlik
gestrip het vir die ANC nie. Maak nie saak wat jou politieke oortuiging is
nie. Dis ‘n gegewe dat hulle een
of ander tyd jou moermeter in die rooi gaan injaag. En dit is presies wat hulle wil hê! Hulle hou daarvan om die
Boere kwaad te maak.
Gister berig Beeld op hulle voorblad dat al ons beste
landbougrond VOOS gemyn is. Sjoe, dis skokkend, maar almal weet hoe blatant
roekeloos die ANC en hulle boeties grond uitdeel vir elke Jan Rap en sy maat
wat kwansuis wil myn. Die vraag
ontstaan nou by my. Waarom is hulle nie so gretig om grond uit te deel aan
hulle boeties wat wil boer nie. Siende dat dit dan nou van die beste
landbougrond is wat hulle uitdeel vir myne? Wat is die belangrikste? Dat daar
kos geproduseer word in ons land of dat daar net nog ‘n klomp “FAT CATS” is wat
in duur Armani pakke rondry in hulle ML500’s en die ekosisteem gewetenloos
bedrek? Wanneer gaan die ANC uitvind dat Armani pakke, ML500’s en duur parfuum jou nie plotseling ‘n
dubbele dosis common sense gee nie? Maar nou ja, common sense is die een ding
waarmee die ANC nie geseënd is nie.
Vandag berig Beeld dat die ANC darem ‘n troosprys het vir
die Boere! Jippee!! Pretoria gaan Pretoria bly, MAAR dit stop hulle nie om
sowat 27 straatname te verander nie. Meer as ‘n jaar gelede het die VF+ berig
dat dit ongeveer R800miljoen gaan kos om diè 27 name van prominente starte in
Pretoria te verander. En raai wat? Die belastingbetaler gaan moet opdok
hiervoor. Hier kom ons nou weer by die common sense faktor.
My voorstel aan die ANC is
om die donnerse straatname te los! Wie de hel gee in elk geval om wat
die straat se naam is waarin jy ry? Vat die R800miljoen rand en begin ‘n
opleidingsinstansie om opkomende boere te leer BOER! Dis eerder common sense!
Dan kan julle voortgaan om grond hot en haar uit te deel aan elke Jan Rap en sy
maat, maar ten minste kan hulle dan boer. Sodoende sal die grond wat julle
terugvat van die Boere ten minste produktief aangewend word.
No comments:
Post a Comment